Programme note
Dit is Hans Roosenschoon se eerste strykkwartet. Dit is geskryf op versoek van die Odeion Strykkwartet en is ‘n opdragwerk van die Suider-Afrikaanse Musiekregte Organisasie (SAMRO).
Die titel verwys na ‘n ou Friese spreekwoord wat lui: “As God ‘n deur toemaak, laat hy ‘n venster oop”. Musikaal gesproke is dit ‘n verwysing na wat die komponis beskou as ‘n keerpunt in sy komposisiestyl.
Die werk het drie bewegings:
Die eerste begin met ‘n stadige inleiding, wat gevolg word deur energieke passasies met ritmiese kompleksiteit. Die tweede is ‘n adagio en begin met ‘n liriese tema vir die tjello. Tematies vorm die tweede beweging die kern van al die temas wat in die ander twee bewegings voorkom. Die laaste beweging is ‘n Afrika-geïnspireerde boogie-woogie.
Review
It was Roosenschoon’s quartet which most likely had the strongest public appeal.
After a short Adagio introduction it speeds away with a freshness that bubbles with invention.
(Boekkooi Paul. 11 July 1996, EASTERN CAPE HERALD)
Fourie, Carl. 8 August 1995, THE ARGUS
Van Rensburg, Mary-Ann. 8 August 1995, DIE BURGER
Viljoen, Ncol. 25 September 1995, DIE VOLKSBLAD
Kruger, David. 2 October 1995, THE ARGUS