Programme note
I Allegro molto
II Adagio
III Allegro
Die Sinfonietta tel onder die eerste vier koor- en/of orkeswerke wat Roosenschoon tussen 1975–76 voltooi het. In dié tyd was hy 'n komposisiestudent van dr Klaas van Oostveen, senior lektor verbonde aan die musiekskool van WITS.
Alhoewel die werk kort daarná tydens Roosenschoon se studies in die buiteland met 'n komposisieprys van die Royal Academy of Music, Londen bekroon is, is dit ironies genoeg vir die eerste keer op 17 Oktober 2002 uitgevoer.
Net soos sy Sonatine (1974) vir klavier, is die eerste deel van die Sinfonietta in 'n tradisionele sonatevorm gegiet en die laaste deel 'n rondo. In die middeldeel word liriese met humoristiese passasies gekontrasteer. Breedweg beskou, is die karakter van die werk in 'n ligte luim met invloede van Prokofjef en Sjostaskowitsj onmiskenbaar in die agtergrond.
Review
Kooij, Pieter. 19 October 2002, DIE BURGER