In Principio Erat Verbum

Programme note

Hierdie werk is op twee van Roosenschoon se gunsteling Psalms, nl. 26 en 46 se melodieë gebaseer.  Dit was eers toe die werk voltooi is dat hy die ooreenkoms tussen die twee besef het:  die een se opening is feitlik 'n spieëlbeeld van die ander.

Voorts pas die karakter van Psalm 26 se melodie volgens die komponis by die eerste gedeelte van die teks telwyl God se lewe as lig vir mense, 'n lig wat nie uitgedoof kan word nie, goed met die melodie van Psalm 46 uitgebeeld kan word.

Die werk val in drie dele na aanleiding van die teks alhoewel die motief/musiek van "In die begin..." deurgaans die musiek deurdring.  Die opening is somber om daardie leegheid van 'n begin te verklank.  Dan volg "Omnia per ipsum facta sunt", die più mosso gedeelte, waar die ritmiese figure teenoor die gedrae lyne 'n suggestie kan wees van: "In Hom was daar lewe".

Maar dan, in die derde gedeelte oorweldig die lig die duisternis met baie ritmiese/opgeruimde musiek.  Hier word die tekstuur belangrik - motiewe word byeengebring om 'n borrellende resultaat te hê.  Dit is soos wanneer lig op rotse skyn, dan kan mens die grein daarvan duidelik sien.  Temas wat hier belangrik is word na gelang van die dinamiek uitgelig.

Hierdie gedeelte is in D-majeur.  Die melodie van Psalm 46 word beide as motiwiese figure en 'n meer gedrae kontoer vergestalt.  Dit mag interessant wes dat die woord "Lux" telkens op D verskyn, en "Deo" op die note B en C-kruis.  Hierdie opwaartse beweging van die drie note B, C-kruis en D, m.a.w. van "Deo" na "Lux" is nie toevallig nie, ja selfs "Lux" volg die drie-notepad van D, E en F-kruis.  Hierdie energieke deel word afgesluit met 'n laaste verskyning van die tema ondersteun deur akkoorde, sommige buite tonale verband, waarna ons terug keer na "In principio...." in die verte.

Back