Programme note
Die Herero-woord Katutura beteken vryheid.
Hierdie werk versinnebeeld die eeue-oue stelling dat die grootste vryheid lê in die grootse gebondenheid, naamlik die dood – dood van die 'Ou natuur' van die mens.
Die werk begin met ‘n buiskloksolo wat hierdie vryheid in sy suiwere gestalte uitbeeld, terwyl die Largo van Händel, wat ook ondermeer hierby ingevoeg is, ons aan die sterk assosiasies met die dood herinner.
Ons assimileer ‘n konflik tussen die vryheid van die 'Ou Natuur' van die mens en die vryheid van die 'Nuwe natuur' van die mens en daar is oomblikke waar hierdie 'Ou natuur' byna die 'Nuwe natuur' oorskadu.
Ons hoor byvoorbeeld primitiewe ritmes, vrye keuses van spel en geweldadige passasies – dit alles is ‘n metamorfose van die vryheidstema. Hy kom dus in ‘n ander gedaante en probeer die feit dat die dood van die 'Ou natuur' vryheid beteken, wegredeneer.
Die werk eindig gelukkig met die bevestiging dat bogenoemde stelling selfs in ons tyd nog geldig is. Hierdie belydenis word uitgebeeld deur ‘n gesuspendeerde Largo-tema met die vryheidstema in sy suiwere gestalte op die agtergrond.