Horizon, Night-sky and Landscape

Programme note

Hierdie werk is geskryf in opdrag van die Suider-Afrikaanse Musiekregte Organisasie (SAMRO), en is Roosenschoon se nuutste (in 1987) werk vir strykensemble. Dit is spesiaal deur die leier van die Consortium Musicum, Derek Ochse, aangevra en in waardering aan hom opgedra.

In ‘n sekere sin suggereer die titel van die werk, wat die opskrif van elk van die drie dele van die werk is, dat dit programmusiek is alhoewel die komponis die werk grotendeels voltooi het alvorens hy op ‘n finale titel besluit het. Die eerste deel, Horison, bevat vlugvoetige passasies wat moontlik aan lugspiegelings op die horison kan herinner terwyl die tweede deel, Naghemel, stadig met donker kleure open. Verder is daar ‘n tjellosolo in hierdie deel wat miskien die individu se nietigheid teenoor die heelal verklank. Die laaste deel, Landskap, beeld waarskynlik ‘n landelike toneel uit wat oorheers word deur aardse uitbundigheid. Eintlik is dit ‘n tema met variasies, maar bly die tema feitlik tot op die einde ‘n raaisel wanneer die liedjie Shosholoza gehoor kan word

 Review

De Villiers, Dirkie. 19 June 1987, DIE VOLKSBLAD

Fourie, Herman. 29 June 1987, THE ARGUS

Du Toit, Daan. 17 August 1987, VADERLAND

Odendaal, Thys. 19 August 1987, BEELD

Back