Gaudeamus

Programme note

Gaudeamus is gekomponeer in opdrag van die Musieksentrum Hugo Lambrechts - wat te Parow in die Kaap geleë is - ter viering van sy 10-jarige bestaan. Die orkesbesetting sluit ‘n alt-saksofoon en ‘n uitgebreide slagwerk seksie in.

In Gaudeamus het ek besluit om my eie volksmelodie te skryf.  Dit het ek gedoen in reaksie op kritiek dat ek ons land se inheemse musiek sogenaamd plunder. 

Alhoewel talle van my werke ‘n soort Afrika-inslag het, was dit nooit my bedoeling dat dit ‘n suiwere uit-eie-bodem klank moet hê nie.  ‘n Komponis skep tog immers ‘n baie persoonlike klankbeeld uit wat ookal as inspirasie dien.

Die werk open met ‘n kort-en-kragtige motief wat die oorwegend ritmiese karakter van die werk voorspel.  In antwoord volg ‘n liriese tema wat die kerngedagte van die daaropvolgende dele van die werk bevat.  Wat dus gebeur is dat die liriese tema verskeie gedaantes openbaar: enersyds as ‘n tipe volksmelodie, andersyds as ritmiese motiewe wat onwrikbaar voortsnel.  Uiteindelik raak die uiteenlopende fasette versoen wanneer koraalagtige- en ritmiese temas saam die werk eindig.

 Review

Grové, Stefans. 22 April 1997, BEELD

Boekkooi, Paul. 2 May 1997, THE STAR

Back