Earth, water, air and fire

Programme note

The four elements earth, water, air and fire, had a special significance for philosophers of Antiquity. Even today, whether approached from a creationist perspective, or an evolutionary one, life as we know it is unthinkable without them. Likewise, the four elements have their place in the seasons of nature and the cycles that prevail in our solar system.

But the four elements of life can also be imagined to symbolise musical phenomenon such as sound, silence, pulse and invention. Or it may suggest different temperaments or characteristics of tonal expression.Finding it challenging to express in words what my work Earth, water, air and fire endeavours to offer the listener, at best I can say that it is an allegory of some sort.

That there are five sections, and not four, should generate slight bemusement. Is this perhaps an allusion to a spiritual aspect of being?

 

 Review

Die konsert is ingelei met Roosenschoon se Aarde, Water, Lug en Vuur, wat die luisteraar van die eerste noot af op ‘n musikale ontdekkingsreis meevoer. Die komponis skryf in sy programnota dat die vier elemente van die lewe, naamlik aarde, water, lug en vuur, ook gesien kan word as musieksimbole soos klank, stilte, ritme en nuutskepping. Die werk is nie in vier dele geskryf nie, maar in vyf. Roosenschoon skryf dat die vyfde deel ‘n verwysing kan wees na die geestelike aspek van die menslike wese.

Die komposisie se ingewikkelde ritmes en klankpatrone (wat die orkes klaarblyklik meestal met sukses baas geraak het) het die vier elemente goed uitgebeeld. Die werk het geopen met rou oerklanke uit die orkes wat onmiddellik die stemming geskep het van ‘n jong aarde gehul in mistenie, maar ook gevaar. Dit het oorgegaan in klanke van water, wat herinner aan die misterieuse, effens verwronge klanke wat ‘n mens onder die water kan hoor. Die lug is voorgestel deur vinnige en dringende klanke wat soos warrelwinde deur die orkes gewaai het, terwyl die vuur met ryk warm klanke uitgedruk is.

Dit was hoofsaaklik die strykers en die houtblasers wat in die laer registers gespeel het en vir ‘n gevoel van warmte en geborgenheid gesorg het.‘n Hoogtepunt was die melodie wat deur die koperblasers teen die res van die orkes gespeel is. Dit het soos ‘n pragtige Lutherse koraal geklink en ‘n gevoel van vrede en grootsheid geskep.

 

Ottermann, Birgit. 12 Maart 2007, DIE BURGER

Back