Chronicles

Programme note

Hierdie komposisie is deur die 1820-Stigting vir 1987 se Standard Bank Nasionale Kunstefees op Grahamstad aangevra waar dit sy première gehad het.

Kronieke kan beskou word as ‘n verhaal van die gebeurtenisse in die lewe van ‘n musikale idee. Allereers stel dit sigself voor as ‘n motief wat net uit vyf note bestaan. Hierdie motief ondergaan dan ‘n reeks gedaanteverwisselings: enersyds speel dit die rol van ‘n eenvoudige begeleidende figuur maar d.m.v. tussenin-stadiums waar nootpatrone en melodiese kontoere gesuggereer word, word die motief andersyds in ‘n melodie in die ware sin van die woord omskep.

 

Die werk open met ‘n gedwarrel van klank. Deur die note van die motief uit te stip, kondig die trompette die tema aan waarna franse horings antwoord. ‘n Baie ritmiese gedeelte volg wat juis weer ‘n ander faset van die vyfnoot-motief beklemtoon. Die instrumente maak een na die ander hul verskyning en elkeen speel kort frases wat herhaal word en ook vir ‘n mate van improvisasie voorsiening maak. Terwyl dit alles gebeur, speel die kontrabasse telkens ‘n frase in die styl van ‘n passacaglia. Die tekstuur word geleidelik digter en uiteindelik verenig al die strykers deur die passacaglia-tema saam te speel. Terselfdertyd skep dit die keerpunt in hierdie gedeelte want in teenstelling met die voorafgaande opeenhoping van materiaal, rafel die tekstuur nou uit deurdat patrone hul motoriese en dinamiese krag verloor.

Die stadige gedeelte wat hierop volg is net vir strykers georkestreer. In hooftrekke is dit ‘n veelstemmige kanon. Die tema is ontleen van die trompette se openingstema maar nou in ‘n uitgerekte weergawe daarvan. Hierdie tema word talle kere op verskeie vlakke herhaal en eindig die gedeelte so sag soos wat dit begin het terwyl die fagot die finale woord het.

Die derde en finale gedeelte van die werk bestaan uit speelse arabeske; uit verskeie kontoere en passasies wat van een kleur na ‘n ander beweeg: eers in die strykers, dan in die houtblasers, dan in die koperblasers en tenslotte vermengings van al drie groepe. Die trompetmelodie van die begin maak vir oulaas weer sy verskyning voordat die werk afgesluit word.

 
 

 Review

But Roosenschoon is a unique talent in South African music and there is a great deal of interest in his development. The level of his craftsmanship is unquestionable.

(Klatzow, Peter. 30 Oct. – 5 Nov. 1987, WEEKLY MAIL)

 

Groenewald, Jakkie. 19 March 1987, VADERLAND

Boekkooi, Paul. 21 March 1987, BEELD

Fourie, Herman. 25 June 1987, THE ARGUS

Radloff, Tim. 11 July 1987, CUE, Standard Bank National Arts Festval

Scholten, Boudewijn, 24 October 1987, DIE BURGER

Ackerman, Berna. 15 September 1989, DIE VOLKSBLAD

 

Back